Kwêvoël 33 JAAR

Gedurende hierdie 33 jaar was Kwêvoël ooggetuie van die ontwikkeling van die nuwe Sentrale Sakegebied onder in die dorp, die ontstaan en skagsinking van Northam Ltd se Zondereindemyn, die stigting van die Marakele Nasionale Park en Thabazimbi se eerste groot inkopiesentrum onder een dak.

Ook in hierdie tyd het Kwêvoël verslag gedoen van twee volle generasies van skoolkinders wat as Gr 1 leerlinge by die onderskeie laerskole in die omgewing skool begin het, tot op hul laaste dag in matriek.

Baie dankie aan ons kliënte en lesers wat ons deur die loop van die jare ondersteun het. Groot dank aan die personeel van Moredou Drukkers en Kwêvoël wat bygedra het tot die sukses van Kwêvoël gedurende hierdie 33 jaar.

Kwêvoël slaan nou ‘n blaadjie om met sy nuwe tuiste op die internet.

Pieter Coetzee ­- Redakteur