Sellulêre en internet-dienste nader aan die boerderygemeenskap

Agri SA en AliSom Communications, ‘n nasionale vennoot van Vodacom, het kragte saamgesnoer om sellulêre en internetdienste nader aan boerderygemeenskappe en agri-besighede te bring. Dit volg nadat ‘n ooreenkoms tussen die twee organisasies onderteken is en Agri SA se pogings om landelike boerederygemeenskappe te voorsien van wêreldklas kommunikasiestelsels.

AliSom sal die boerderygemeenskap op ‘n persoonlike grondslag bystaan deur middel van regstreekse toegang tot sodanige dienste te bied sodat hulle nie deur ‘n inbelsentrum hoef te werk om navrae te hanteer, nuwe dienste te aktiveer of bestaande pakette op te gradeer nie.

Deur AliSom te kies, sal lede van die boerderygemeenskap voordeel trek uit aansienlike ervaring en kundigheid. AliSom sal die boerderygemeenskap kan help met die jongste tegnologie in die sellulêre-, data- en internet omgewing. Die maatskappy is in 2009 gestig as entiteit vir ‘n reeds suksesvolle besigheid wat hul dienste in Gauteng, Mpumalanga, Noordwes, KwaZulu-Natal en Limpopo aanbied. Dit sluit in ‘n aantal Vodacom-winkelagentskappe en korporatiewe afdelings in hierdie provinsies. Hulle sal ook die boerderygemeenskappe in ander provinsies kan help. AliSom is een van Vodacom se nasionale vennote en kan ‘n wye reeks Vodacom-produkte soos mobiele-, data- en landlynfasiliteite aanbied, met inbegrip van omvattende besigheidsoplossings, selfoonpakette en internet-konnektiwiteit.

Een van Agri SA se doelwitte is om die kommunikasieinfrastruktuur vir die landbougemeenskap te verbeter deur middel van die jongste tegnolgie. Boerderye is op effektiewe kommunikasietegnologie aangewese om hulle ondernemings doeltreffend te bestuur, wat deur AliSom gebied kan word. Een van hierdie tegnologieë is die VSAT (very small aperture terminal) wat gebaseer is op ‘n satellietstelsel en meer doeltreffrend aangewend kan word waar meer tradisionele metodes van kommunikasie nie suksesvol is weens beperkte toegang. Met hierdie tegnolgie kan boerderygemeenskappe toegang verkry tot internet- en telefoondienste.

Die maatskappy glo dat die landbou ‘n kritieke sektor is om ekonomiese en landelike ontwikkeling te stimuleer. Met die ondertekening van hierdie ooreenkoms, sal die maatskappy ook bydra tot die Agri Securitas Trustfonds om die veiligheid van die boergemeenskap te verbeter.