Frikkie Meyer se Interhoërtoneel goed beloon

THABAZIMBI – Frikkie Meyer se toneelgroep het onlangs aan die Interhoërtoneel te Hans Strijdom gaan deelneem en met ‘n waentjie vol toekennings terug gekom.

Toneelspelers wat toekennings ontvang het was as volg: Melissa de Castro ontvang ‘n sertifikaat vir beste karakter in die toneel ROOI. Lara Nel – ontvang ‘n sertifikaat as beste karakter in die toneel WEES asook die toekenning vir die beste byspeelster vir die dag.

Me Adeleen Buys ontvang ‘n sertifikaat vir beste klank vir die dag vir die toneel WEES. Me Mari van Jaarsveld ontvang die toekenning vir die beste regiseur van die dag. ROOI se toneelgroep – ontvang die toekenning vir die beste Ensemble vir die dag.

WEES (me Mari van Jaarsveld se toneel) met ‘n punt van 88.5% eindig in die eerste plek. HFM deel hierdie trofee met Ben Viljoen. HFM behaal ‘n tweede plek in die toneel ROOI (mnr Smith se toneel) met ‘n punt van 87.5%.

Volgende week Dinsdag 15 Augustus tot 19 Augustus is dit die Thabazimbi Eisteddfod by die KunsteGrot en 25 Augustus 2016 tree HFM se toneelgroep op by die ATKV Tienertoneel by die Unisa Klein Teater in Pretoria.

Op die foto is me Mari van Jaarsveld saam met haar toneelgroep wat met die toneelstuk “Wees” as eersteplek wenners tydens die afgelope Interhoër Toneel aangewys is.