Jong man sterf in brandende huis

Kobus Brits (33) is Sondagaand dood tydens ‘n brand wat sy ouers, Neels en Heleen Brits, se huis tot op die grond toe afgebrand het. Die voorval het tussen 22:30 en 23:00 te Swempie straat 2 Thabazimbi gebeur.

Kobus was sedert die begin van die jaar as lektor aan die Universiteit van Pretoria verbonde en het by sy ouers in Thabazimbi kom kuier.

Die begrafnis is Maandag 8 Augustus om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk Vliegepoort in Thabazimbi.