Weereens silwer vir HFM Hokkie

HFM Hokkie
Die o/15 Dogters hokkiespan wat silwermedaljes verdien het tydens die afgelope Noordvaal Hokkietoernooi.

THABAZIMBI – Die uitspeelwedstryde vir die Noordvaal- Hokkietoernooi, waarvoor HFM se o/15 hokkiespan gekwalifiseer het, het Donderdag 21 Julie ‘n aanvang geneem.

Nieteenstaande die aanvanklike teëspoed tydens hul eerste wedstryd waar hulle teen Delmas te staan gekom het en verloor het (0-2), gaan dit beter en wen hulle die wedstryde teen Uplands van Witrivier (2-1) en die volgende dag wen hull ook teen Merensky (3-1).

HFM kwalifiseer vir die kwartfinaal en kom teen Brits, verlede jaar se wenners, te staan. Die spel eindig gelykop (1-1), wat hulle dwing om die 8 sekonde weer doen. Dinge loop reg vir HFM en hulle wen die wedstryd (3-2). Saterdag het hulle in die halfeindrondte te staan gekom teen Corro Bakenfeld van Witbank en wen (2-1), wat hulle tot die finaal laat deurdring waar hulle hulle sake met Delmas moes uitspook. Hier was HFM ongelukkig en moes die knie buig voor Delmas met (1-2). Vir die tweede opeenvolgende jaar ontvang hulle silwermedaljes.

Die span bedank dan ook veral me Rentia Erasmus, me Hanlie du Plessis, mnr Janco Meintjies en mnr Henco Smith vir al hul insette en ondersteuning.