Meer films by KunsteGrot

Met all die flieks wat onlangs vrygestel word, is Thabazimbiërs baie bevoorreg om feitlik weekliks by die KunsteGrot te kan kom fliek. Die kaartjies kos R50 per persoon en pensioenarisse kan gratis die fliek op die groot skerm kom kyk. Vrydagaande se filmvertoning is 18:30 vir 19:00 en Saterdagoggende se flieks begin 10:30. Op Vrydag 26 Augustus word “Dis koue kos, skat”, ‘n nuwe Afrikaanse rolprent gebaseer op die roman deur Marita van der Vyver aan die beurt. Die akteurs is Anna-Mart van der Merwe, Deon Lotz, Frank Opperman, Elzabe Zietsman, Angelique Gerber, Deandre Reiners, Zonika de Vries, Riaan Visman. Kry die lokprent by http://bit.ly/29SZ0ss

Op 27 Augustus is daar om 10:30 ‘n spesiale vertoning vir die jongklomp met ‘n lekker Jakkals en Wolf storie. Ondersteun gerus dit wat die Super Spar KunsteGrot jou kan bied.