HFM seëvier in eerste rondte van Beeldtrofee

THABAZIMBI – Die 0/15-A rugbyspan van HFM , wat as Limpopo ligawenners aangewys is, het baie goed weggespring in hul eerste Beeldtrofee wedstryd teen die Valke se wenner, Springs Hugenote op Hugenote se velde in Springs.

HFM slaag daarin om binne twee minute hulle eerste drie te druk. Die res van die eerste helfte het hulle swaar gekry en moes heeltyd net verdedig. Die span se foute van die eerste helfte het hulle omgeswaai en alhoewel hulle die tweede helfte baie beter gespeel het, is daar plek vir verbetering, veral in die verdediging. HFM wen Hugenote  op sy tuis veld met die telling op (31-5).

Die o/16-A span van HFM, wat naaswenners in die Limpopoliga was, het op hul tuisveld teen Pretoria Noord te staan gekom. Hulle moes sonder drie van hul eerste keuse spelers klarkom, wat dit vir hulle moelik gemaak het om hul ritme te kry. Alhoewel hulle skopwerk ook nie so sekuur was nie, slaag hulle tog daarin om Pretoria Noord te klop met (29-5).

Die volgende rondte vind op 13 Augustus plaas wanneer Hfm se o/15-A span teen Hoërskool Secunda op Secunda se veld te staan kom. Dieselfde dag kom HFM se o/16-A span te staan teen Potchefstroom Volkskool in Potchefstroom op Volkskool se veld.