Groot pret by SAVF Vakansieskool op Thaba

SAVF CinderellaTHABAZIMBI – Die plaaslike SAVF-tak het die afgelope vakansie ouers ’n blaaskansie gegee deur hulle laerskool kinders drie dae van die week met ’n pret vakansieskool besig te hou.

Die skool is soggens op Maandae, Woensdae en Vrydae by die tak se kantoor aangebied. Hier is die kinders soggens tot met middagete besig gehou met allerhande kreatiewe speletjies en take. Teen ’n minimale tarief kon hulle elke dag van die skool bywoon. Daar is ook voorsiening gemaak vir ouers wat hulle kinders net vir ’n dag of wat wou besighou.

Buiten die toesig en take het hulle ook peuselgoed en ’n middagete ontvang. Die reaksie was baie goed en daar was selfs kinders van ander dorpe wat vir Oupa en Ouma op Thabazimbi kom kuier het, wat ook die vakansieskool bygewoon het.

Die SAVF leun sterk op vrywilligers om hulle by te staan met hul welwillendheid- en maatskaplike werk wat hulle in die gemeenskap doen.

Kwêvoël het ’n draai by hulle gemaak toe hulle juis besig was om kinders as verskillende figure deur koerantpapier te gebruik (Kwêvoël natuurlik) op te maak. Dit was verblydend om te sien dat Kwêvoël, nadat dit reeds sy gedrukte vere afgeskud het en nou in die Kuberruimte rondsweef, steeds tot nut van die gemeenskap aangewend kon word.

Kry jou gratis uitgawe van Kwêvoël deur te gratis op ons webwerf www.kwevoel.co.za te registreer. Elke keer wanneer die koerant opgedateer word, sal u ’n e-pos skakel ontvang. Sodra u dit selekteer, neem hy jou direk na die nuutste nuusbrief van Kwêvoël. Alle foto’s kan geselekteer word en in ’n groter formaat op jou kleurdrukker uitgedruk word, ’n fasiliteit wat ons nie voorheen kon bied nie.