Goeie resultate vir HFM tydens Skaak-Interhoër

HFM LogoTwee deelnemers van Hoërskool Frikkie Meyer, CJ van der Merwe en Juhan Joubert, is tydens die afgelope Skaak-interhoër is as bordwenners aangewys nadat hulle al ses hul rondtes gewen het.

Nog vier van HFM se deelnemers naamlik Veronica van Deventer,  AJ Janse van Vuuren,  Tegan Theron en Diaan Burger, het elk vyf van hulle ses rondtes gewen, wat vir HFM ‘n tweede plek verseker het.

Gesamentlik in die 1 ste plek  was  Hoërskole Ben Viljoen (Tzaneen) en Nylstroom met 40 punte. Frikkie Meyer was tweede met 39 punte en Hoërskool Warmbad was derde met 23 punte. Hulle is gevolg deur Hoërskool Hans Strydom van Polokwane met 23 punte en Hoërskool Piet Potgieter van Mokopane met 14,5 punte.