Frikkie Meyer se gholfspelers vertoon goed in die liga

GolfTHABAZIMBI – Alhoewel dit nie deel van die erkende uitslag van die Gholf Interhoër was nie, is dit so dat HFM eintlik die algehele wenners van die dag was. Die Interhoërkompetisie is op 26 Julie 2016 by die Euphoria Golf Estate in Naboomspruit aangebied.

Die hoërskole wat hier mekaar aangevat het was Frikkie Meyer, Hans Strijdom, Piet Potgieter, Ben Viljoen, Ellisras, Warmbad en Nylstroom.

In die A-Liga het  die deelnemende skole mekaar met slagspel, met ander woorde, die minste gekombineerde houe, aangevat. Ben Viljoen was die wenners hier met 235 houe, HFM was tweede met 254 houe en Piet Potgieter derde met 261 houe.

Die B-Liga het met IPS Punte, met ander woorde, die meeste gekombineerde IPS punte mekaar getakel. HFM was hier die wenner met 98 punte, Piet Potgieter tweede met 96 punte en Nylstroom derde met 84 punte.

Die C-Liga het ook IPS Punte gespeel. Hier was Nylstroom eerste met 75 punte, HFM tweede met 71 punte en Piet Potgieter met 63 punte.

Opsomming, gegewe die eerste drie moontlike posisies, behaal het Ben Viljoen slegs een eerste plek, Piet Potgieter twee derde plekke en ‘n tweede plek, Nylstroom ‘n eerste en derde plek en HFM twee tweede plekke en een eerste plek.

Volgens die afrigter het die kinders hard geveg en aanhou probeer en hul beste gegee. Die onplesierige weer het omstandighede vir almal baie moeilik gemaak.

In ag genome dat nie al die skole vir die A-liga ingeskryf het nie het HFM se B-span baie goed presteer, aangesien die skole wat nie A-liga spelers gehad het nie se beste spelers was dus in die B-liga inskryf. Al drie ligaspanne van HFM het Piet Potgieter gewen.