Tannie Anna Scheepers word 90

Tannie Anna
Tannie Anna

Tannie Anna Scheepers, weduwee van ds Giep Scheepers, het op 2 Julie haar negentigste verjaarsdag gevier. ‘n Familiesaamtrek is verlede naweek te Wegbreek naby Naboomspruit gehou waar haar familie saam met haar hierdie mylpaal in haar lewe gevier het.

Tannie Anna is op 2 Julie 1926 in Trompsburg, Vrystaat gebore. In Desember 1943 is sy en ds Giep Scheepers in die huwelik verbind en die egpaar was sedert 1952 die herderspaar van die van die Gereformeerde kerk Thabazimbi, waar ds Giep die leraar vir 30 jaar was. Uit die huwelik is tien kinders gebore, 23 kleinkinders, 15 agterkleinkinders en een agter-agter kleinkind. Tannie Anna is steeds gesond en vol lewenslus waar sy in Huis Immergroen by Bosveld Oord bly. Op haar verjaarsdag het die inwoners van die ouetehuis die dag saam met haar gevier.