AfriSake gereed om grondvergrype in Brits stop te sit

Agriculture
Source: Afrisake

Armand Greyling, Regs- en beleidsanalis: AfriSake, sê in ‘n mediavrystelling dat Afrisake, sy regspan en partye van Brits ontmoet wie se eiendom die afgelope naweek onwettig beset is gaan ontmoet. Hoewel die partye wat hierdeur geraak word die polisie genader het, was dié pogings tevergeefs en het hulle AfriSake as laaste uitweg genader om hul eiendom te beskerm. Die organisasie gaan die hof nou met ’n dringende aansoek nader om die onwettige oorname en besetting van dié eiendomme te verbied.

AfriSake het in April vanjaar sukses behaal in ’n soortgelyke saak in Bronkhorstspruit toe onwettige grondvergrype die eiendomsregte van ’n boer en ’n sake-eienaar bedreig het. AfriSake het daarin geslaag om ’n tussentydse interdik binne drie dae te bekom. Die organisasie sal daarom probeer om ’n interdik in die Brits-geval met dieselfde haas te bekom.
“Al meer grondvergrype vind plaas namate ons nader aan die Augustus-verkiesing kom. Dit is jammer dat geen ander organisasies skynbaar daarin belang stel om slagoffers van dié grondvergrype te help nie. AfriSake sal egter aanhou om slagoffers van grondvergrype met alle hulpbronne tot sy beskikking te help,” sê Greyling.