Leeubosch wag vir Bergboegoe

00601_2048x2048THABAZIMBI – Die volgende uitstappie van die Bergboeklub is op 25 Junie, wanneer hierdie klompie boomliefhebbers weer bietjie gaan uitbreek na die natuur en bome van naderby besigtig.

Almal wat belangstel om die uitstappie mee te maak, ontmoet mekaar om 14:00 agter die TOTAL garage voor Choppies. Vandaar sal almal saam vertrek na die plaas van Hannes Coetzee op die Ellisraspad.

Wees voorbereid vir die uitstappie en trek lekker gemaklike stapskoene aan. Die gebied is bietjie bergagtig, sorg dus dat die skoene stewig sit dat jy nie ‘n enkel swik nie. Onthou ook maar om ‘n hoed, drinkwater en ‘n boomboek, as jy een het, saam te vat. Daar is in elk geval heelwat van die lede wat oor boomboeke beskik en jy sal by hulle raad kry oor die beste boomboek saam te vat sonder dat jy jou dood dra aan die boek. Na die uitstappie kuier almal lekker saam om die braaivleisvuur. Wees dus voorbereid met jou koellerbox met eie koeldrank en wat daarmee gepaard gaan. Bring maar gerus jou eie ooplaan rooster vir die vleis en wat jy ookal daarmee wil saam eet. Onthou ook jou eie stoel as jy lekker wil sit. Maak gerus ‘n draai by Superspar vir jou vleis en bykosse. Vuurmaak hout is beskikbaar op die plaas. Bring ook jou eie eetgerei soos borde, messe en vurke.

Bring gerus jou vriende en kinders om saam stap. Die roete wat aangepak word is ongeveer 2 km stap wat omtrent ‘n uur gaan duur. Die oues van dae kan by die parkeer plek sit en met mekaar kuier Vir aanbeveelings om die uitstappie nog beter te laat verloop praat met Ewald Botha tel 082 878 1275. Vir meer inligting bel hom asb voor 17 Junie om te bevestigi om nastenby getalle te kry van hoeveel mense saam wil stap.