HFM mik hoog met die boog

Die HFM wenner wat aan die field kompetisie deelgeneem het.
Die HFM wenner wat aan die field kompetisie deelgeneem het.

THABAZIMBI – Boogskiet is ‘n sport wat onlangs aanvang geneem het by Hoërskool Frikkie Meyer. Ten spyte van die kort tydjie wat die leerders al deelneem aan hierdie aktiwiteit, presteer die kinders besonders goed.

Op 14 tot 15 Mei was daar ‘n Provinsiale “Field” kompetisie te Thabazimbi. Agt leerlinge van Hoërskool Frikkie Meyer deelgeneem en die volgende prestasies behaal:

In die Bowhunter Unlimited kategorie het Nickey Keeny ‘n goue medalje verwerf, Robbie Robbertse en Jene Louw het met die silwer weggestap terwyl Lara Beukes en Henru Oosthuizen (Freestyle Unlimited) bronsmedaljes huistoe gevat het.

Eduan Vorster het die naweek van 27 tot 28 Mei deelgeneem aan die Johannesburg 3D Kampioenskappe (Johannesburg) en die Gauteng Provinsiale 3D Kampioenskap (Hartbeespoort). In beide van die kompetisies het Eduan silwer medaljes verower.