Besige Netbal-seisoen vir HFM

THABAZIMBI – Na die afhandeling van die Limpopo Finale wedstryde wat die naweek van 3–4 Junie afgehandel is, kan daar nou volledig verslag gee oor die aktiwiteite en prestasies van die netbal.

Die A-spanne was almal tydens die Maart /Aprilvakansie betrokke by kursusse en toernooie.

Die o/14 en die o/15 spanne het van 21 tot 24 Maart ‘n netbalkursus bygewoon wat aangebied is deur die NWU PUK Netbalakademie te Potchefstroom. Hierdie kursus is deur die hoofafrigter van die PUK-netbalspanne, Dorette Potgieter, aangebied. HFM se spanne het beslis baat gevind by hierdie afrigting soos dit duidelik merkbaar was tydens die wedstryde van die netbalseisoen. Die Personeel wat hierby betrokke was was me Martie Boshoff, Elmien Fouché en Adeleen Buys.

Die o/16 en o/17’s het vanaf 29 Maart tot 1 April het ook die netbalkursus bygewoon van die PUK Netbalakademie. Die personeel wat betrokke was was me Christine Reyneke, Christelle Kotzé en Sharné J van Rensburg (buite-afrigter).

HFM se 1ste span het vanaf 19 tot 23 Maart die Klofie Netbalfees bygewoon wat aangebied word deur Hoëskool Waterkloof. Hierdie toernooi, waar slegs wedstryde gespeel word, het vanjaar 103 spanne vanoor die hele land getrek. Elke span het omtrent 12 wedstryde tydens die toernooi gespeel. Die voordeel van hierdie toernooi is dat ditHierdie toernooi bied geleentheid vir eerste spanne om goeie ondervinding met wedstryde op te doen. Die personeel van HFM wat hierby betrokke was, was me Mariaan Senekal en Christelle Kotzé.