Mobiele Planetarium besoek Laerskool Thabazimbi

21-Planetarium 1 21-Planetarium 2

 

 

 

 

 

Die mobiele Planetarium, Edudome, het Laerskool Thabazimbi op Maandag en Dinsdag 23 en 24 Mei besoek. Edudome is onderrig buite die klaskamer wat leerplangerigte inhoud as deel van ‘n omvattende ondervinding insluit. Dit is naamlik die Hemelligame, Sonnestelsels, Sterrestelsels en Ruimtenavorsing. Beslis interaktiewe onderrig op sy beste!

Op die foto’s is die Edudome wat maklik opslaan en die kindertjies met meer sterre in oë as wat die dome kan weerkaats.