HFM Wintersport uitslae

HFM se Junior rugbyspan. Voor: van links Victor Potgieter, Dewan Deysel en Pieter Viljoen. Agter: William Thulare, Mnr Pierre Van Jaarsveld, Baphiwe Fani en Erik Snyman.
HFM se Junior rugbyspan. Voor: van links Victor Potgieter, Dewan Deysel en Pieter Viljoen. Agter: William Thulare, Mnr Pierre Van Jaarsveld, Baphiwe Fani en Erik Snyman.

HFM Rugby kook

Polokwane. – Die spanne van HFM het op Saterdag 28 Mei teen die spanne van die Hoër Tegniese skool Tom Naudé uitgedraf in die volgende rondte van die liga.

HFM het ‘n goeie rugbydag beleef met al die spanne wat triomfeer.

Die o/14 A-span begin die dag goed met ‘n gemaklike 44 – 0 oorwinning oor die Tommies.

Daarna sit die o/15 A-span hul tour de force voort met ‘n indrukwekkende 66 – 7 oorwinning terwyl die B-span ook suksesvol is met ‘n 25 – 5 wen.

Die o/16 A-span vaar goed en wen, ten spyte van heelwat beserings, die wedstryd 33 – 3.

HFM Senior Seuns Rugby: Voor van links: Heinrich Herman, Janky Melamu, Thato Mbewe, Jay-Jay De Beer en Chrizaan Strauss. Agter: Gerdus Botha, Paul Vorkerl, Mnr Pierre Van Jaarsveld en Awie Jordaan.
HFM Senior Seuns Rugby: Voor van links: Heinrich Herman, Janky Melamu, Thato Mbewe, Jay-Jay De Beer en Chrizaan Strauss. Agter: Gerdus Botha, Paul Vorkerl, Mnr Pierre Van Jaarsveld en Awie Jordaan.

Die senior spanne vaar ook beter en die Derdes  wen 22 – 7 teen harde kompetisie.

Die tweedes beleef ‘n moeilike eerste helfte, maar kom terug in die tweede helfte met goeie rugby om die wedstryd te beklink met 33 – 12.

Die Eerstes draf uit teen ‘n begeesterde Tommies span wat hul bes doen om die Frikkies ore aan te sit met goeie aanvalle.

Die Frikkies behou teenwoordigheid van gees, speel berekende rugby en wen die wedstryd 22 – 12.

Die volgende (en laaste) rondte van die liga vind plaas op Saterdag 4 Junie te HFM wanneer die spanne van PHS kom besoek aflê.

Hierdie beloof om baie harde wedstryde te wees gegewe dat Ben Vorster slegs 3 wedstryde teen PHS in hul derby die afgelope naweek kon wen…

HFM Gholfspan deur na finaal

Polokwane. – Die Gholf C-span van HFM het deurgedring na die Limpopo finaal te Polokwane.

Hulle het meegeding teen Ben Vorster, Nylstroom en PHS se spanne om die titel te dra.

Ben Vorster triomfeer in die uitspeel en wen die liga terwyl Nylstroom die tweede plek inneem en HFM derde eindig met die span van PHS in die vierde plek.

Die volgende kompetisie is die gholf Interhoër op 26 Julie te Mookgopong.

HFM domineer op die hokkieveld

 Hokkiespelers van HFM wat Provinsiale kleure verwerf het. Voor van links: Stephanie Robbertse, Tiffany Robbertse, Mickayla Mulder, Shelly Branders, Megan De Aguar, Anmarie Schutte en Karien Snyman. Agter: Jolize Butler, Me Rentia Erasmus en Tacia Van Wyk.

Hokkiespelers van HFM wat Provinsiale kleure verwerf het. Voor van links: Stephanie Robbertse, Tiffany Robbertse, Mickayla Mulder, Shelly Branders, Megan De Aguar, Anmarie Schutte en Karien Snyman. Agter: Jolize Butler, Me Rentia Erasmus en Tacia Van Wyk.

In die laaste ligawedstryde van die seisoen het HFM teen Nylstroom deelgeneem op op HFM se bane.

HFM wen vier van die westryde wat hulle spell en verloor slegs een.

HFM se vlagskip, die Eerstes, val ongelukkig vas teen Nylstroom, teen verwagting in, en verloor die wedstryd 0–1.

Die o/14 A-span wen gemaklik met 3 – 0 en moet nou eerskomende Saterdag 4 Junie te Potgietersrus teen die span van Ben Vorster om te kwalifiseer vir die volgende rondtes.

Ons wens hul baie sterkte toe.

Die o/15 A-span wen 5 -0 en tree as ligawenners uit die stryd. Die o/16 A-span sit hul omkeer van die seisoen voort met ‘n 4 – 2 oorwinning, maar dit is te min te laat en hul val uit in die liga.

Die tweedes wen gemaklik 5 – 0 en is daarmee ook die ligawenners.

Netbal uitslae

Op die netbalbane het HFM ‘n besondere  goeie dag en seisoen beleef in die Waterberg distrik. Al 9 spanne teken oorwinnings aan. Vir die B-spanne was dit die laaste rondte van die liga en al 4 spanne is onoorwonne in die Waterberg distriksliga.

Die tellings is o/14 B: 34 – 5; o/15 B: 25 – 3; o/16 B: 23 – 15 en die tweedes wen 20 – 7.

Die A-spanne dring almal deur na die Limpopo finaal op 4 Junie te Ben Vorster in Tzaneen.

Die o/14 A-span wen 33 – 3, die o/15 A-span wen 22 – 20 terwyl die 16 A-span 29 – 15 wen.

Die seniors vaar ook baie goed met ‘n wen vir die o/17 A’s (19 – 9), Tweedes (20 – 7) en die Eerstes (34 – 28).

Al die A-spanne buiten die o/16’s eindig bo aan die punteleer in die liga.

Baie sterkte aan ons netbalspanne – ons weet dit sal goed gaan in die finaal!