Rene oorlede

22-foto Rene Eloff

Renè Eloff, dogter van Estelle en Frik Eloff, is Saterdag 30 April 2016 onverwags uit hulle lewe geskeur.

Sy het altyd vir ander om haar omgegee met haar stralende persoonlikheid. Renè (17), ‘n leerling van Hoërskool Frikkie Meyer, het op Lephalale grootgeword en in 2011 saam met haar ouers na Thabazimbi verhuis en in 2012 haar skoollopbaan aan HFM begin.

Renè laat haar vader Frik Eloff, moeder Estelle Eloff, en suster Christelle Eloff, agter. Renè se begrafnis was Maandag 9 Mei 2016 om 12:00 vanuit die NG Kerk Thabazimbi.

Die diens is deur ds Tinus Benade waargeneem.