Laerskool Thabazimbi Provinsiale Rugby en Nampo boer

Baie geluk aan Derick Joubert. Derick is ‘n kranige boer en het by die Windpompfees te Naboomspruit aan ‘n ploegkompetisie deelgeneem en ‘n tweede plek behaal. Hy moes ‘n stuk grond van 1 Hektaar omploeg. Verseker ‘n boer om dop te hou. Derick Laerskool Thabazimbi is baie trots op jou. Baie sterkte vir die Interskole ploegkompetisie wat 20 & 21 Mei by Hoërskool Mooirivier in Natal plaasvind. Ons hou styf duim vas en weet sommer dat dit baie goed sal gaan.

5 van Laerskool Thabazimbi se 0/12 Rugbyspelers is gekies as deel van 'n groep van 25 seuns wat komende Saterdag op Tzaneen sake gaan uitspook vir insluiting in die provinsiale span S0/12. Baie sterkte seuns ons hou styf duim vas.

5 van Laerskool Thabazimbi se 0/12 Rugbyspelers is gekies as deel van ‘n groep van 25 seuns wat komende Saterdag op Tzaneen sake gaan uitspook vir insluiting in die provinsiale span S0/12. Baie sterkte seuns ons hou styf duim vas.

Baie geluk aan Vihan Wentzel en Juan'rich du Preez wat ingesluit is in die Provinsiale Rugbyspan S 0/13. Seuns ons is super trots op julle.

Baie geluk aan Vihan Wentzel en Juan’rich du Preez wat ingesluit is in die Provinsiale Rugbyspan S 0/13. Seuns ons is super trots op julle.