Geslaagde VLU Streeks Kongres

NORTHAM – Northam-tak se VLU vroue het as deel van die Bosveld Streek se afvaardiging op 4 en 5 Mei saam met die ander streke byeengekom vir die jaarlikse Kongres te Weesgerus. Soos gewoonlik was daar ‘n propvol program maar dit het nie gekeer dat daar ook heerlik saam gekuier kon word nie.

Gassprekers wat ‘n breë gebied verteenwoordig het, was ook deel van hierdie kongres. So was daar mnre Leon Barnard van Agri – Limpopo , Francois Froneman van NTK en Bennie Van Zyl van  TLU, wat die dames toegespreek oor elke aspek van hulle afdelings.

Die borg van Sanlam, mnr Gert Pilon het die dames ook toegespreek oor onder andere testamente.  Lynette Beer van Seeds of Inspirations, het die dames toegespreek oor verskillende persoonlikhede. Sy het werklik almal positief gemaak en opreg geseën, veral toe sy opbouend vertel het hoe verskillende persoonlikhede mekaar kan aanvul.

Die persoonlikheid van die jaar, mev Surita Steenkamp, die skrywer van die jaar, mev Keina Swart sowel as die kunstenaar van die jaar, dr Mich Veldman, het as gassprekers opgetree. Mev Leanda Le Cornu is  weer verkies as VLU Noord se Presidente.

Northam tak is baie trots op Mari Meintjes wat met twee pryse weggestap het vir haar brei- en hekelwerk.

Buiten vir die baie lekker saamkuier is dit is altyd lekker om by die ander streke en take te leer.

Om deel te wees van VLU Northam tak kontak gerus hul skakelbeampte Rene Laas by 073 4299 411

Mari Meintjes ontvang haar sertifikate
Mari Meintjes ontvang haar sertifikate
Afgevaardigdes van Northam VLU wat die kongres bygewoon het is van links agter: Hannetjie Du Plessis, Mari Meintjes, Riana Oosthuizen (voorsitster), Marinda Gagiano (Sekretaresse), Natasha Prinsloo (tesouriere) en Annatjie Dreyer. Voor: Dina Smith, Celia Goosen (beoordelaarsameroepster) en Rene Laas (skakelbeampte)
Afgevaardigdes van Northam VLU wat die kongres bygewoon het is van links agter: Hannetjie Du Plessis, Mari Meintjes, Riana Oosthuizen (voorsitster), Marinda Gagiano (Sekretaresse), Natasha Prinsloo (tesouriere) en Annatjie Dreyer. Voor: Dina Smith, Celia Goosen (beoordelaarsameroepster) en Rene Laas (skakelbeampte)