HFM Wildskarkas Kompetisie Wenners

19-HFM Wen kindersTHABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se Graad 11 leerlinge het ‘n fondsinsameling geloods vir vanjaar se Matriekafskeid. Die Wildskarkas kompetisie, een van die projekte, het verskeie wenners opgelewer. Die Wenners is op 12 Mei 2016 aangekondig.

Die Individuele wenners vir die Meeste boekies verkoop in die Gr 11 groep is as volg:

3de plek – Marlie Snyman R1360 se kaartjies, 2de plek – Aurelia van Zyl R2200 se kaartjies en 1e plek – Ananda Lategan met R3000 se kaartjieverkope.

Die wenklas was die Graad 11 B klas van Mev Annerie Jordaan en hulle kry elkeen ‘n koeldrank en ‘n hamburger.

Op die foto van links: Ilna Schutte (Ondervoorsitter van Matriekafskeid 2016) Me Annerie Jordaan (Wenklas) en Me Elmare Human (Voorsitter dan die Matriekafskeid 2016).
Op die foto van links: Ilna Schutte (Ondervoorsitter van Matriekafskeid 2016) Me Annerie Jordaan (Wenklas) en Me Elmare Human (Voorsitter dan die Matriekafskeid 2016).

Die wenonderwyser wat die meeste bookies verkoop het en meeste geld ingesamel het was Me Annerie Jordaan.

Die kompetisie se pryswenner wie se kaartjie as wenners getrek is was:

3de Plek: Me M Matthee van Setaria en sy wen 2 Rooibokkarkaste, 2de Plek: Mnr Gregory Du Plessis wen 1 Blouwildebeeskarkas en 1 Vlakvarkkarkas en 1e Plek-Wenneris Mnr Nico Engelbrecht van Hibuscus Str Thabazimbi en hy wen 1 Blouwildebeeskarkas en 1 Koedoekarkas

Baie geluk aan hierdie wenners.

HFM se gr 11 klas bedank dan ook almal wat hulle ondersteun het in hierdie fondsinsamelings poging vir die matriekafskeid fonds 2016.