HFM vs Hoërskool Hans Strijdom

HFM LogoTHABAZIMBI –  Die afgelope naweek het rugby-, hokkie- en netbalspanne van Frikkie Meyer teen Hoërskool Hans Strydom op hul tuisveld kragte gemeet. Tradisioneel is vind hierdie kompetisie, waar beide spanne alles gee, in ‘n goeie gees plaas weens die jare lange verbintenis tussen dié twee skole. Vanjaar was dan ook geen uitsondering nie en van meet af aan is geen toegif gegee of verwag nie.

Op die rugbyveld gaan dit goed met die Frikkies met al die spanne wat hulle wedstryde wen. Die o/14 A-span wen met ‘n goeie 48–7. Die o/15-spanne sit hulle goeie vertoning vanjaar voort met twee wenne naamlik o/15-A: 39–0 en o/15-B: 52–12. Die senior spanne wen ook hul wedstryde en ons eerstes stap van die veld met ‘n 28–17 oorwinning.

Hans Strijdom stoot drie spanne in die veld op die netbalbaan. Al drie spanne van HFM stap as wenners van die van die veld af. Die tweedespan, wat as vlagskip optree, verseker die wen met 24 doele teen die 16  van die Hansies.

Buiten die o/16 A-span wen al die hokkiespanne hul ligawedstryde: Die o/15’s met ‘n imposante 9–0 en die eerstes met 2–0. ‘n Ekstra wedstryd (nie-liga) word gereël vir die o/15 B-span, maar hul verloor ongelukkig 0–3.

Ons dogterspanne is goed op dreef in die liga, terwyl die rugbyspanne hierdie wedstryde gebruik as voorbereiding op die eerste ligawedstryd teen Ben Vorster op 21 Mei.

Die volgende wintersport byeenkoms is op 14 Mei te Potgietersrus teen die Hoërskool Piet Potgieter. Wedstryde begin om 08:00. Volledige uitslae is op die Frikkie Meyer facebookblad beskikbaar.

RUGBY VS HANS STRIJDOM UITSLAE:

o/14 wen 48-7

o/15 wen 39-0

o/15B wen 52-12

o/16 wen 26-0

Derdespan wen 15-7

Tweedespan wen 31-17

Eerstespan wen 28-17

HOKKIE – 7 MEI VS HANS STRIJDOM

14A wen 3-0

15A wen 9-0

15B teen hul 15A verloor 0-3

16A verloor 0-3

2des wen 4-0

1stes wen 2-0

NETBAL VS HANS STRIJDOM

o/14B wen 17-13

o/15B wen 21-7

Tweedespan wen 24-16