HFM gholf uitslae

TC-Golf-2THABAZIMBI – HFM se gholfspan het verlede week Vrydag 6 Mei teen Hans Strijdom kragte gemeet. Die A-span, kry punte vir ‘n wen maar speel nie aangesien Hans Strijdom nie ‘n span in die A liga het nie. Hulle het wel ‘n B- en C-span.

Die uitslae is as volg:

B-Span:

Spelers van HFN wen hul opponent en een speel gelykop

C-Span:

Al vier spelers van HFM wen hul onderskeie wedstryde.

‘n Spesiale dank word aan mnr Gerhard Booyens, wat die bussie bestuur het en sy tyd so opgeoffer het, gerig.

Die volgende wedstryde is vandag, Vrydag 13 Mei 2016 waar HFM teen Hoërskole Nylstroom en Heuwelkruin te staan gaan kom.