Geslaagde VLU Streeks Kongres

Lynette Beer
Lynette Beer van Seeds of Inspirations

NORTHAM – Northam-tak se VLU vroue het as deel van die Bosveld Streek se afvaardiging op 4 en 5 Mei saam met die ander streke byeengekom vir die jaarlikse Kongres te Weesgerus.

Soos gewoonlik was daar ‘n propvol program maar dit het nie gekeer dat daar ook heerlik saam gekuier kon word nie.

Lynette Beer van Seeds of Inspirations, het die dames toegespreek oor verskillende persoonlikhede. Northam tak is baie trots op Mari Meintjes wat met twee pryse weggestap het vir haar brei en hiekelwerk.