Kitaar-Deo sorg vir verruklike vermaak

 Dewside Restaurant se deure was oop en, na afloop van die vertoning het die kunstenaars asook verskeie teatergangers hier kom eet en die aand verder geniet. Op die foto is van links: Louise, Diana van Hardekool Gastehuis, waar die kunstenaars ruisgegaan het, en Mariaan. By hulle is Alvin wat sy lyf barman gehou het.

Dewside Restaurant se deure was oop en, na afloop van die vertoning het die kunstenaars asook verskeie teatergangers hier kom eet en die aand verder geniet. Op die foto is van links: Louise, Diana van Hardekool Gastehuis, waar die kunstenaars ruisgegaan het, en Mariaan. By hulle is Alvin wat sy lyf barman gehou het.
Rita van KunsteGrot saam met die twee kunstenaars. Hulle is op die foto Corneille, links, Rita en Leon.
Rita van KunsteGrot saam met die twee kunstenaars. Hulle is op die foto Corneille, links, Rita en Leon.

THABAZIMBI – Die Kitaar Duo, Leon Gropp en Corneille Hutten het Vrydagaand besoekers vasgenael in hul stoele gehad tydens hul vertoning in die Super KunsteGrot in Thabazimbi.

Dit is net by die KunsteGrot  dat die mense van Thabazimbi en omgewing geleentheid kry om Suid-Afrika se Top dubbel SAMA (South African Music Award)-wenner kitaar duo in aksie op die verhoog te sien. Die twee manne het gedurende 2001 as ‘n hoofsaaklike klassieke kitaar duo begin optree en baie vinnig met hulle uitstekende verhoogpersoonlikhede begin naam maak. Nou na dertien jaar en na verskeie toere oorsee, waar hulle met ope arms ontvang is en vol sale getrek het, is hulle terug in Suid-Afrika om hul talent hier verder te deel.

Met hulle goed gebalanseerde versnyding van klassie, Spaans, Latyns, jazz en ‘n bietjie populêre musiek tussenin, het hulle grense verskuif en, verdien hulle beslis hul Grammy toekennings.

Hulle album CH2 Live wat hulle saam met die Universiteit se Simfonie Orkes opgeneem het, het bestaan uit epiese orkestrale bewegings saamgevleg in ‘n komposisie het ‘n aanslag en unieke styl daargestel vir nog vele toekennings. Dié spesifieke CD is dan ook in 2013 bekroon as die SAMA wenner in die kategorie  Instrumentaal / Klassieke album van die jaar. Hulle ateljee opname “Ping” het reeds in 2012 dieselfde toekenning ontvang, Hierdie albums is nie net op nasionale vlak nie, maar ook internasionaal beskikbaar waar hulle ‘n groot aanhang het.

Buiten Europa het CH2 twee baie suksesvolle toere na Amerika, die “kitaar mekka”, onderneem waar hulle aan verskeie kitaar kompetisies deelgeneem het. In hierdie kompetisies het hulle teem die wêreld se beste kunstenaars te staan gekom en ook so ‘n bietjie skouers geskuur met verskeie kunstenaars wat reeds Grammy toekennings ontvang het. Hulle het reeds drie keer vir die Grammys ingeskryf, die laaste keer in 2013, en is trotse lede van die “Grammy Foundation”.

Nog ‘n groot deurbraak was hulle optrede saam Suid-Afrika se voorste en internasionaal bekende “Soweto String Quartet, waaruit ‘n nuwe genre in musiek naamlik “African Latin” ontwikkel het.

Buiten al die toekennings wat hulle ontvang het vir kitaar kan die twee manne nogal sing ook, wat ‘n groter verskeidenheid aan hul verhoogoptrede gebied het.

Alhoewel beide Leon en Corneille hulle stokperdjies as Sudoku, gekskeer beskou is hulle ook ernstig oor lekker kos, om in die Gym te oefen en kitaar te speel.

Inwoners weet nie wat hulle misloop as hulle nie die kunstenaars by die KunsteGrot ondersteun nie. Die mense wat daar optree is wêreldklas, en dit teen die prys van drie dubbel Brandewyne en Coke.

 

CH2s kan aanlyn gevolg word op hul Webblad: www.ch2.co.za, Facebook: www.facebook.com/ch2guitarduo, Twitter: www.twitter.com/ch2guitarduo en Youtube: www.youtube.com/ch2guitarduo.