Laerskool Koedoeskop Netbaltoer 2016

Die ander netbalspelers van Laerskool Koedoeskop wat ook op die toer gegaan het.

Juffrou Leanie en haar span.
Juffrou Leanie en haar span.
Juffrou Geraldine saam haar span.
Juffrou Geraldine saam haar span.

ROLAKA – Koedoeskop se netbal toer het afgeskop op Donderdag 17 Maart waar 31 van hulle netbal speelsters saam met vier afrigters na Raloka net buite Brits vertrek het.

Raloka is ‘n netbal kliniek wat deur voormalige Protea afrigter Elize Kotze en haar span aangebied word. Raloka het vir baie vermaak gesorg. Van spanbou aktiwiteite, dans, kompetisies, fliekaande wat elke dogter vreeslik geniet het.

Die kos was natuurlik uit die boonste rakke. Raloka het nie net vir vermaak gesorg nie, maar ook ‘n baie leersame kamp rakende netbal aangebied.

Die dogter het baie vaardighede aangeleer en ook baie individule aandag gekry. Ons dogters moes ook hierdie vaardighede toepas in wedstryde teen ander skole. Koedoeskop se dogters het glad nie terug gestaan nie en baie goed gevaar in hierdie wedstryde teen baie groter skole. Hierdie was verseker ‘n kamp wat ons sal onthou. Dankie vir almal se harde werk en ondersteuning. Ons sien uit na ons westryde hierdie seisoen.