Obaro Northam vier takheropening

Northam se nuwe voorkoms word op 22 en 23 April 2016 tydens die tak se amptelike heropening gevier en almal word hartlik uitgenooi om te deel in die opwinding.
Northam se nuwe voorkoms word op 22 en 23 April 2016 tydens die tak se amptelike heropening gevier en almal word hartlik uitgenooi om te deel in die opwinding.

NORTHAM – Obaro Northam se nuwe voorkoms word op 22 en 23 April 2016 tydens die tak se amptelike heropening gevier en almal word hartlik uitgenooi om te deel in die opwinding.

Sedert Obaro, ‘n voorkeur landboumaatskappy in Suid-Afrika, se voorkoms in Augustus 2015 verfris is, het die maatskappy die monumentale taak aangepak om al 24 handelswinkels met die nuwe handelsmerk oor te doen. Opknappings aan Obaro Northam het in Februarie 2016 weggeskop en die hele gebou het ‘n behoorlike metamorfose ondergaan. Kliënte wat onlangs Obaro Northam besoek het, sal reeds kennis dra van die nuwe handelsmerk en die fleurige Obaro-rooi kleur. Almal word uitgenooi om die veranderinge aan die handelswinkel persoonlik, tydens die takheropening te beskou.

Die takheropening vind Vrydag, 22 April, en Saterdag, 23 April, plaas waartydens verskeie promosiepryse en kortings die norm sal wees. Kliënte wat tydens hierdie twee dae iets by Obaro aankoop, word outomaties vir ‘n gelukkige trekking ingeskryf waarna die gelukkige wenners met tuinpakke en ander interessanthede sal wegstap. Die wenners van Obaro Northam se inkleurkompetisie tussen laerskoolleerlinge, sal op 23 April bekendgemaak word. Daar sal vier wenners gekies word, een seun en een dogter in Graad R tot Graad 3 en in Graad 4 tot Graad 7. Die vier wenners sal elk R500 ontvang. Indienings vir die kompetisie sluit 21 April en inskrywingsvorms kan by Obaro Northam, Laerskool Northam of Laerskool Platina bekom word.

Obaro Northam se takheropening beloof om ‘n ware uitstappie vir die hele gesin te wees, met verskeie top landbouverskaffers wat hul jongste produkte en dienste gaan uitstal. Moet verseker nie hierdie byeenkoms misloop nie!

Vir verdere inligting rakende Obaro Northam se heropening, besoek gerus die handelswinkel by Rustenburgweg, Northam, of kontak 014 784 0303/4.