Laerskool Koedoeskop Rugbytoer 2016

Die onoorwonne o/11 Koedoeskop rugby span wat by Klein Kariba getoer het van 15-18 Maart. Saam met die kinders op die foto is mnr Gideon(links)en mnr Naude   (regs).
Die onoorwonne o/11 Koedoeskop rugby span wat by Klein Kariba getoer het van 15-18 Maart. Saam met die kinders op die foto is mnr Gideon (links)en mnr Naude (regs).

KLEIN KARIBA – Laerskool Koedoeskop het op Dinsdag 15 Maart, hier weg met 63 opgewonde rugby spelers saam met ses onderwyser manne van die skool hier uit die skool se hekke.  Die spelers het Dinsdag middag teen Warmbad Laerskool wedstryde gespeel, op Donderdag teen Nylstroom en Vrydag oggend teen Senekal van die Vrystaat en is baie trots op ons onoorwonne 0/11 rugby span.

Intussen het Koedoeskop die ATKV Klein Kariba se fasiliteite verskriklik geniet saam die manne. Van waterglybaan, warm swembad, kouer swembad, “frizbee”, put-put, oefensessie en vele meer was die energie goed benut. Die toerspan het ‘n heerlike Spur ontbyt geniet Woensdag oggend en Vrydag oggend n KFC ete, terwyl Spar Warmbad vir al die ander etes en koeldranke gesorg het en dit was voorwaar van puik gehalte.  Die skool dank ons Hemelse Vader vir Sy bewaring oor die paaie, op die rugbyvelde en gedurende die toer en sien uit na die wedstryde in die seisoen. ‘n Woord van dank vir almal se harde werk en ondersteuning!