Hfm – Frikkie Fees

Met HFM se Frikkiefees het die Matriekgroep as algehele wenners uit die stryd getree.
Met HFM se Frikkiefees het die Matriekgroep as algehele wenners uit die stryd getree.

THABAZIMBI – Gedurende die week van Maandag 11 April tot  Donderdag 14 April 2016 het Hoërskool Frikkie Meyer die HFM Frikkiefees gehou waaronder dit absolute spangees en betrokkenheid by ons leerders gekweek het.

Maandag 11 April het hulle begin met X-fit tussen die verskillende Graad 8, 9 10, 11, matriek en onderwysers en het dan die hele week so ook in groepverband vir die res van die tydperk teen mekaar meegeding. Graad 10 was dan Maandag die wenners.

Die grade het toiletware ingesamel vir barmhartigheid en die graad 9’s het hierdie spanpoging gewen,  dit het plaasgevind op Dinsdag aand saam met die flinkdink aand. Dinsdag het hulle Flinkdink gehad, en die onderwysers was die wenners met die antwoorde.

Woensdag het hulle die Toringbou met toiletpapier gehad met die graad 11 span as wenners.

Donderdag 14 April het hulle die “Battle of the grades” gehad, en die Matrieks was hier die wenners

Met algehele punte gewys het die Matriekgroep met die wennerskroon uitgestap.