Noodhulp Voorsitters is aangekondig

Op die foto van links: Carla Havanga, Me Celia Schoeman en Carla de Beer.
Op die foto van links: Carla Havanga, Me Celia Schoeman en Carla de Beer.

THABAZIMBI – HFM se noodhulp seuns en dogters is baie betrokke by al die sportgeleenthede wat plaasvind en ‘n Noodhulp span is aangekondig op Woensdag 13 April.

Die kinders is reeds almal goed gekwalifiseerd en het almal reeds hul verskeie eksamens afgelê om beserings te kan ondersoek en te behandel.

Hulle ding gereeld mee aan verskeie kompetisies teenoor ander skole waar scenarios geskep word ingeval van noodsituasies by veral skole.  Hoërskool Frikkie Meyer se noodhulp spanne werk ook nou saam met die ambulansdienste en veral Mnr Henk Havenga van Rescue 911.  Me Celia Schoeman, een van ons onderwyseresse beskik ook oor die hoogste kwalifikasie in noodhulp en lei ons noodhulpspan.