Ontspanningslokaal vir koshuisleerlinge amptelik geopen

Cornis Swanepoel, Angelique Botha, mnr Gerrie Raubenheimer (Voorsitter Beheerliggaam) en mnr Collin Campbell (Skoolhoof).
Cornis Swanepoel, Angelique Botha, mnr Gerrie Raubenheimer (Voorsitter Beheerliggaam) en mnr Collin Campbell (Skoolhoof).

THABAZIMBI – Die Koedoe Koshuis Ontspanningslokaal wat koshuisinwoners van Koedoe Koshuis by HFM geleentheid gaan bied vir gesonde ontspanning is Dinsdag 28 Julie 2015 amptelik geopen.
Hierdie inisiatief is die baba van die skoolhoof, mnr Collin Campbell wat die behoefte van die koshuisleerders verstaan en die leemte geïdentifiseer het. Die doel van die lokaal is om aan die leeders geleentheid te gee om te ontspan op konstruktiewe wyse.
Aktiwiteite waaraan die leerlinge kan deelneem sluit in: Tafeltennis, veerpyltjies, foose-ball, potspel (pool), roulette, domino’s, vingerbord, legkaarte en ‘n groot verskeidenheid speletjies onder andere: Big brother, monopoly en vele meer.
Die koshuis het ook twee 48 duim, plat skerm hoë definisie TV’s met DSTV aangeskaf. Die DSTV kanale sluit in SABC 1,2,3 en e-tv, M-net, al die fliek kanale, al die sportkanale, discovery en kyknet. Verder is ‘n karaoke (surround sound) eenheid ingesit vir DVD–aande. Die ontspanningslokaal bied ook volle toegang tot Wi-fi vir opgradering en gratis internet. ‘n Sitkamerstel is ook aangekoop vir die Matrieks
‘n Hartlike word van dank aan die volgende donateurs:
Mnr Colin Campbell – het nooit “Nee” gesê vir enige inisiatiewe nie, het heeltyd ‘n oop beursie vir die aankope gehad, het ons vertrou met sy kredietkaart.
Christo van Wyk – skenk die “One Direction” kaartjies vir die fondsinsamelingsprojek ter waarde van R6000. Dankie aan elke leerder vir elke kaartjie wat verkoop is om die geld vir die koshuis bymekaar te maak.
Gerhard en Zani van Rensburg vir die skenk van die eerste tafeltennistafel.
Klaas en Annabelle Tromp vir die skenk van die “Fooseball” tafel, ‘n tafeltennistafel en tafeltennis stel, bordspeletjies, Legkaarte en roulettafel.
Pierre en Susan Botha vir die skenk van die tafeltennistafel en die bordspeletjies.
Marius Binneman vir die skenk van die “pool” tafel ,stokke en balle, asook elke ander persoon wat ‘n bydrae gelewer het, hoe groot of klein ook al!
Baie dankie aan die volgende persone vir die werk om die lokaal voor te berei, reg te maak, heel te maak en skoon te maak: Juan en Annionette vd Berg, Henco en Madeline Smith, Johann en Hannelie Janse van Rensburg, Adeleen Buys, Karin Erasmus, Rita Els (Matrone), Susan Botha en Ashley vir die uitverf van die lokaal asook elke leerling wat iewers iets gedoen het om te help.