Skenking van gehoorapparate aan Thabazimbi Distrik Hospitaal

Op die foto vanaf links is Famke de Jager (Oudioloog by Thabazimbi Hospitaal), pasient met sy gehoorapparaat wat hy ontvang het en Yentel Voster van Impact Hearing Systems.
Op die foto vanaf links is Famke de Jager (Oudioloog by Thabazimbi Hospitaal), pasient met sy gehoorapparaat wat hy ontvang het en Yentel Voster van Impact Hearing Systems.

THABAZIMBI – Thabazimbi Distrik Hospitaal is op 9 Julie 2015 deur ‘n plaaslike maatskappy wat gehoorapparate verskaf en versprei, Impact Hearing Systems besoek. Dertig splinternuwe apparate is deur Impact Hearing aan inwoners van Thabazimbi en omliggende areas met ‘n gehoorverlies geskenk.
Die doel van Impact Hearing is om die lewenskwaliteit van persone met ‘n gehoorverlies te verbeter. Hulle skenk tans 120 gehoorapparate aan elke provinsie in Suid-Afrika vir behoeftige gehoorgestremdes.
Om ‘n gehoorapparaat te ontvang behels ‘n proses van gehoortoetse en passings om te verseker dat ‘n apparaat aan elke persoon se behoeftes voldoen. Sewe kandidate het Donderdag, 9 Julie reeds hulle gehoorapparate by Thabazimbi Hospitaal ontvang.
Dié gehoorapparate is ‘n belegging in mense se toekoms en lewenskwaliteit. Thabazimbi Hospitaal is dankbaar teenoor Impact Hearing vir die groot skenking.