Boom van die Jaar by VLU bespreek

Die dames wat lepeltjies of vurkies ontvang het, is op die foto Dina Smith, Rene Laas, Marinda Gagiano, Annatjie Dreyer, Maritza Hasebroek en Hannelie Botha. Voor is Tannie Hannetjie Du Plessis en Angela Potgieter.
Die dames wat lepeltjies of vurkies ontvang het, is op die foto Dina Smith, Rene Laas, Marinda Gagiano, Annatjie Dreyer, Maritza Hasebroek en Hannelie Botha. Voor is Tannie Hannetjie Du Plessis en Angela Potgieter.

NORTHAM – VLU Northam-tak het op 14 Augustus te Swartklip vergader. Die tema van die dag was Bome van die jaar, naamlik die Witysterboom (Verpis Lanceolata) en die Laventelboom (Heteropyxis Natalensis).
Die Witysterhout is meestal ‘n immergroen struik of ‘n klein boom van tot 5 meter hoog, maar kan ‘n hoogte van 20 meter in ‘n droë bos gebied bereik. Die bas is glad en grys van kleur.
Die Laventel boom is ‘n klein tot medium boom wat gegroei word as ‘n enkele of multi-gespruit monsters.
Twee baie interessante gassprekers van Brain Gain, Lizelle de Klerck (Thabazimbi) en Anneke Blignaut(Swartklip) het lede meer hieroor toegelig. Lizelle het ‘n aanbieding van hoe die brein werk in verskillende dele van die brein gegee. Sy het ook verduidelik hoe hulle skoolkinders, wat hiperaktief, konsentrasie probleme, leerprobleme ens kan help om dit te oorkom.
Brain Gain help ook die kinders om te bepaal of medikasie wel nodig is, en watter soort medikasie.
Tydens die vergadering is van die dames ook vereer met VLU vurkies of lepeltjies, vir punte wat deur die jaar verdien is, dit is mos motivering! Daar was lekker gekuier na die vergadering en soos gewoonlik was dit weer baie pret.
Vir verdere inligting oor Northam VLU, skakel gerus hulle skakelbeampte Rene Laas by sel: 073 4299 411