HFM Gholf

Op die foto is HFM se gholf spelers in geen spesifieke orde nie. ZW van Deventer, Amri Schlebusch, Zander Azar en Regan Herholdt saam met hul afrigter.
Op die foto is HFM se gholf spelers in geen spesifieke orde nie. ZW van Deventer, Amri Schlebusch, Zander Azar en Regan Herholdt saam met hul afrigter.

HFM was met hul gholf uitstedig gewees om deel te neem aan die Interhoër Gholf toernooi op 25 Julie. HFM se A- en C-Span eindig tweede. Die B-span speel egter baie goeie gholf en wen die B-afdeling. Die A-liga se wedstryde is as volg: Derde plek was Ellisras met 261 houe, Frikkie Meyer was tweede met 253 houe en Ben Viljoen was eerste met 237 houe.
In die B-Liga was Nylstroom derde met 84 punte, Ben Viljoen tweede met 91 punte en Frikkie Meyer eerste met 92 punte.
In die C-liga was Nylstroom weer derde met 70 punte, Frikkie Meyer tweede met 79 punte en Piet Potgieter eerste met 116 punte.
André Mostert het die beste Gholf vir die dag gespeel met 82 houe wat vir hom 43 punte gemaak het.