Geveerde kampioene pronk by skou

Beste Watervoël: Pecan Eend van Dawie Snyders van Rustenburg

Beste Klein Hardeveer: Indian Game van Andre de Beer van Rustenburg.

Beste Groot Sagteveer: Swart Osterlob van Michael Losos van Krugersdorp

Beste Kalkoen: Amerikaanse Brons kalkoen van Michael Losos van Krugersdorp.

Beste Groot Hardeveer: Malay Game van Dieter du Plessis van Thabazimbi.

THABAZIMBI – Die geselligste, of is dit nou rumoerigste, plek by die Thabazimbi skou was nie die Biertent nie! Behalwe vir die gekraai van opgewonde kinders en ge-“Oeee!” en ge-“Haai siestog!”, kon mens die skou se geveerde kampioene ver buite hulle saal hoor.
Die voëls, wat gewissel het van ‘n Amerikaanse brons kalkoen, tot watervoëls, duiwe en elke hoendertjie waaraan jy kan dink, het beslis baie aandag gelok.
Maar dit was beslis nie alles pret en plesier nie. Die kompetisie was straf en die beoordelaars het tot diep in hul etensuur geswoeg om die kampioene te kies. Voëls van Limpopo, Noordwes en Gauteng het kom meeding.
Die uitslae was as volg:
Opperste skoukampioen: Hollandse Kriel van Neil Snyman van Rustenburg.
Beste Groot Sagteveer: Swart Osterlob van Michael Losos van Krugersdorp.
Beste Bantam Sagteveer: Polish van Dawie Snyman van Rustenburg.