Bosveld Akademie Nasionale Bybelvasvra wenners

Bosveld Akademie se Joshua-span wat die Nasionale Rondte van die BCVO Bybelvasvrae gewen het. Op die foto vlnr: Juandrè Barnard, Anica Goosen, Louis Trichardt en Juf. Marietjie du Plessis (afrigter)
Bosveld Akademie se Joshua-span wat die Nasionale Rondte van die BCVO Bybelvasvrae gewen het. Op die foto vlnr: Juandrè Barnard, Anica Goosen, Louis Trichardt en Juf. Marietjie du Plessis (afrigter)
Talita De Swardt en Juf. Marietjie du Plessis wat in die Bybelkennis eerste geëindig het van die Gr 4 groep.
Talita De Swardt en Juf. Marietjie du Plessis wat in die Bybelkennis eerste geëindig het van die Gr 4 groep.

PRETORIA – Die laaste rondte (nasionale Rondte) van die BCVO Bybelvasvrae het op 8 en 9 Augustus te Diamandveldlandgoed Pretoria, plaasgevind.
Twee inskrywings van Bosveld Akademie Privaatskool het na dié rondte deurgedring. Die vasvra het oor vyf afdelings plaasgevind, daar was onder andere ‘n geskrewe vraestel, blokkiesraaisel, teksbou en mondelinge afdeling.
Bosveld Akademie se leerlinge het baie goed gevaar en as wenners uit die stryd getree. Talita de Swardt Gr 4 het individueel deelgeneem en was die wenner in Gr 4. Die Josua-span, nl Juandré Barnard, Louis Trichardt en Anica Goosen was die wenspan in die Gr 6- Gr7 afdeling.