0/14 Frikkies rugby deur na Beeldtrofee se Halfeind

In ‘n klipharde wedstryd teen Hugenote se o/14-span het die Frikkies daarin geslaag om die wedstryd naelskraap te wen met 7 – 3. Die wedstryd is gekenmerk deur baie aanvalsgeleenthede wat nie in punte omskep kon word nie. Gedetermineerde verdediging deur beide spanne het die tweede helfte punteloos gelaat. Die wen laat die Frikkies deurdring na die halfeind van die Beeldtrofee en hul kom op Saterdag 16 Augustus te staan teen die span van Helpmekaar privaatskool. Die wedstryd skop af om 09:00 op die A-veld van Hoërskool Frikkie Meyer. Kom ondersteun gerus.