Thabazimbi Skouveiling: Waterbokbul herskryf rekords

Die Waterbok bul wat rekords herskryf het, wat vir R500 000 opgeveil is. DIe vorige rekord was R110 000.
Die Waterbok bul wat rekords herskryf het, wat vir R500 000 opgeveil is. DIe vorige rekord was R110 000.

Soos verwag was dit die waterbok bul van Louma Boerdery van Thabazimbi wat reeds met die eerste lot wat opgeveil is die rekord boeke herskryf het. Hierdie besonderse waterbok bul van 5 jaar oud meet reeds 34¼”.Glacis Game Breeders was bereid om R500 000 vir hierdie uitsonderlike dier te betaal. Die vorige rekord bedrag vir ’n waterbok bul was R110 000.
Die volgende rekord is behaal toe ’n 17¼” bosbok ram van dr. Louis Greef vir R60 000 aan Wildebeesfontein Boerdery verkoop is. Die vorige hoogste bod vir ’n bosbok ram was R16 000 wat vroeër vanjaar gedurende die WRSA veiling op Bela Bela behaal was. Timbani Wildlife was die koper van 4 bosbok ooie wat ook vir ’n nuwe rekord bedrag van R34 000 stuk verkoop is. Die vorige hoogste prys van R28 000 vir bosbok ooie is vroeër vanjaar tydens die Golden Breeders veiling behaal.
Rietbokke wat selde op veilings aangebied word is deur Nama O Rama vir R20 000 aangekoop. Die vorige hoogste bod vir Rietbokke was R15 500.
Kleurvariasies verstom steeds deurdat ’n nuwe rekord bedrag van R5000 vir ’n split rooibok ram van 9 maande ouderdom van Louma Boerdery behaal is. Die vraag na swart rooibokke was baie goed. Dragtige ooie behaal R440 000 en jong ooie verkoop vir tot R330 000 stuk.
Wit blesbok ooie met geel blesbok gene dragtig van ’n geel ram behaal R50 000, nog ’n rekord.
Die 8 jaar oue buffel bul ”Bernard” van Louma Boerdery is vir R850 000 deur dr. Wesson van Rensburg van Bela Bela aangekoop. Twee dragtige buffel verse van Herhold Game Breeders word deur Romaco Ranch vir R750 000 aangekoop. ’n 33½” Kruger bloedlyn buffel koei met ’n verskalf van Marius Schrenk Wildboerdery is deur Buffalo Ranch Trust vir R800 000 aangekoop.
Vleissentraal Bosveld het die veiling aangebied en Niel Swart was die afslaer.