Northam VLU help Saamstaan op Rustenburg

Tydens die oorhandiging is op die foto vlnr: Cathy(Bestuurderes Saamstaan), Maritza Hasebroek (Voorsitster Northam VLU-Tak) Tanja (Saamstaan) Annatjie Dreyer (VLU Voorsitster Bosveldstreek). Voor: René Laas (Skakelbeampte Northam VLU-Tak)

NORTHAM – Die dames van Northam VLU-Tak wat hulle noem die “boksie projek” heelwat sanitêre benodighede ingesamel en op 31 Julie het hulle dit aan SAAM STAAN Rustenburg geskenk. Baie van die dames het persoonlike boksies opgemaak vir dames of jongmeisies met vroulike benodighede.
Daar was ook heelwat skoonmaakmiddels soos, wasgoedseep, skottelgoedseep ens vir die huishoudelike deel van behoeftige mense. Saam Staan Rustenburg het hulle opreg bedank en ook ‘n storie of twee uitgeruil wat die hartsnare raak.
Die nood in Rustenburg is nog nie ten volle herstel nie, dus benodig hulle nog heelwat voorraad. In hierdie verband kan u gerus vir Cathy by Saamstaan kontak by sel 079 010 3183.
Vir verdere besonderhede oor die VLU Northam tak kan u hul skakelbeampte Rene Laas kontak by sel:073 4299 411