Mej Thabazimbi Skou

In die kategorie 14-19 jaar is die wenners vlnr: Carré-Lee Armstrong (eerste prinses),Rozelle Bester (Mej Thabazimbi skou) en Malinda du Plessis (tweede prinses).
In die kategorie 14-19 jaar is die wenners vlnr: Carré-Lee Armstrong (eerste prinses),Rozelle Bester (Mej Thabazimbi skou) en Malinda du Plessis (tweede prinses).
In die kategorie 10-13 jaar is die wenners vlnr: Charlize du Plessis (eerste prinses), Jahne Coetzer (wenner) en Michelle Steyn (tweede prinses)
In die kategorie 10-13 jaar is die wenners vlnr: Charlize du Plessis (eerste prinses), Jahne Coetzer (wenner) en Michelle Steyn (tweede prinses)
In die kategorie 6-9 jaar is die wenners vlnr: Carmen Greeff (wenner), Nicolet Trichard (tweede prinses) en Annemie du Preez (eerste prinses). Saam met hulle op die foto is Ursula Roux, die organiseerder, Bokkie Groenewald en Jay.

THABAZIMBI – Die Mej Thabazimbi Landbouskou het Vrydag 1 Augustus plaasgevind en was ‘n groot sukses. Heelwat pragtige dames het daardie mooi aandrok aangetrek en van die geleentheid gebruik gemaak om ‘n draai op die loopplank te kom maak. Daar was drie kategorieë waarin die meisies deelgeneem het naamlik 6-9, 10-13 en 14-19.
Die saal was soos ‘n sprokie van ys so reg uit die animasie film Frozen versier en het die ideale agtergrond en atmosfeer geskep vir hierdie praggeleentheid. Ursula het haar behoorlik van haar taak gekwyt en baie moeite gedoen om alles praggereed te kry in samewerking met Thaba Superspar wat as hoofborg vir hierdie geleentheid opgetree het. Die beoordelaars het voorwaar ‘n moeilike werk gehad om die mooiste meisie in elke ouderdomsgroep te kies. Die kunstenaar Jay, was in die bevoorregte posisie om die dames op die verhoog aan te kondig en het ook verskeie van sy liedjies tussendeur opgevoer tot groot vermaak van die toeskouers.