HFM Sokker Liga naaswenners

NYLSTROOM – Die HFM sokker span was die afgelope naweek besig om hul liga wedstryde te speel teen Nylstroom en Piet Potgieter en hulle uitslae is as volg:
HFM wen altwee wedstryde teen Piet Potgieter met 3-1 en 4-1.
HFM wen een wedstryd teen Nylstroom 2-1 en speel gelykop in die tweede wedstryd met ‘n telling van 1-1.
Na die afloop van hierdie vier wedstryde was HFM die voorlopers met 14 punte teenoor Nylstroom se 12 en Piet Potgieter met geen punte.
HFM kwalifiseer dus vir die eindstryd terwyl die ander twee skole moes uitspeel en Nylstroom is toe deur.
Met die eindstryd teen Nylstroom het HFM 5-1 verloor en eindig as naaswenners.