HFM Rugby en Jukskei

Hoërskool Fikkie Meyer se 0/14, 0/15 en Eerste Rugbyspan het 26 Julie hul Limpopo Finaal gespeel, die uitslae is as volg: 0/14 wen teen Ben Vorster 7-5, 0/15 verloor teen Ben Vorster 43-6 en die Eerste span verloor teen Pietersburg Hoërskool 45-14.

Jukskei ope dag was gehou op 26 Julie te Pieterburg. Twee van HFM se jukskei spelers het die dag bygewoon. Hulle speel teen ses ander spanne en kom eerste vir hul afdeling. Baie geluk aan Divan Roelofse en Morné Labuchagne.