HFM Netbal

BOKSBURG – HFM se 0/15 A netbalspan se seisoen het afgesluit met hul SASN toernooi in Boksburg. Hulle het ses wedstryde gespeel waarvan hulle een gewen, een wedstryd met een punt verloor en twee wedstryde met twee punte verloor het. Die ondervinding was die moeite werd. Ons glo dat hierdie geleenthede hulle voorberei vir die kompetisie in die eerstespan oor twee of drie jaar. ‘n Woord van dank word aan Me M Boshoff en C Kotzé wat saam met Juf M Senekal en die span gegaan het.