Beeld aspirasies ly skipbreuk

Die eerstespan is hard besig om die bal te probeer afvat by Hugenote Hoërskool se spelers, maar verloor ongelukkig 25-20
Die eerstespan is hard besig om die bal te probeer afvat by Hugenote Hoërskool se spelers, maar verloor ongelukkig 25-20
Die HFM 0/15A rugby span in aksie by die Beeldtrofee van Saterdag, 2 Augustus.
Die HFM 0/15A rugby span in aksie by die Beeldtrofee van Saterdag, 2 Augustus.

THABAZIMBI – Die afgelope naweek het twee spanne van Frikkie Meyer in die kwalifiserende rondte van die Beeld-trofee gespeel. Die o/15 A-span het meegeding teen ‘n geoliede Transvalia wat wenners van die Valke streek was. Die kompetisie was straf en ten spyte van ‘n moedige poging deur die span, moes hul die aftog blaas.
Beserings en die verlies van sleutelspelers was aan die einde van die dag deurslaggewend en die Frikkies verloor die wedstryd met 18 – 5.
Die Eerstespan het Hugenote die stryd aangesê in ‘n wedstryd wat na almal se mening in die guns van Frikkie Meyer sou verloop. Dit was egter duidelik dat Hugenote groot motivering gevind het in hul onlangse oorwinning oor Transvalia en dat hul begeesterd was.
Frikkie Meyer het hard probeer om geleenthede in punte te omskep, maar die wip van die bal was nie in hul guns nie. Benhard van Rensburg het 15 van Frikkie Meyer se 20 punte aangeteken en Jaco van Dyk het vir Hugenote met sy skopskoen en ‘n blitsdrie teen die verloop van die spel sy span se oorwinning verseker. Frikkie Meyer verloor ongelukkig die wedstryd 25 – 20.
Die o/14A-span speel Saterdag om 09:00 teen Hugenote in die kwarteind van die Beeld trofee op Frikkie Meyer se velde.