VLU kuier en leer

Dames se huiswerk vlnr: Annatjie Dreyer, Isobel Cahill, Rene Laas,Hannelie Botha, Mari Meintjes en Adelle Langley. Voor: Tannie Hannetjie Du Plessis en Dina Smith.
Dames se huiswerk vlnr: Annatjie Dreyer, Isobel Cahill, Rene Laas,Hannelie Botha, Mari Meintjes en Adelle Langley. Voor: Tannie Hannetjie Du Plessis en Dina Smith.

SWARTKLIP – VLU Northam tak het op 24 Julie vergadering gehou by Swartklip en soos gewoonlik het die dames weer lekker pret gehad.
Annatjie, Mari, Dina en Hannelie was by die winterskool op Buffelspoort en het pragtige skinkborde gemaak.
Lief en leed is geruil. Annatjie het die dames geleer hoe om ‘n kruisie met kraletjies te maak.
‘n Nuwe lid, Tessa Prinsloo, is deur die dames welkom geheet en hulle het haar verseker dat sy dit baie gaan geniet om deel te wees van die dames van Northam VLU.
Nou ja met die winter amper verby en meeste wat nou gesond is, is die volgende vergadering op 14 Augustus weer op Swartklip. Vir verdere inligting, skakel gerus hul skakelbeampte Rene Laas sel:073 4299 411