“Place of Grace” Steungroep vir afhanklikes

THABAZIMBI – ‘n Paar gemeenskapslede met ‘n passie vir persone met afhanklikheidsprobleme het saamgespan om ‘n steungroep vir afhanklikes te stig. Kevin van CFC, Linda Grobler en Mariaan Jacobs van SAVF Thabazimbi en Louwrens van die AA het saamgekom en wil graag hierdie diens lewer aan die gemeenskap as ‘n span. Daar word elke Donderdagaand vanaf 18:00 by CFC geleentheid gebied vir enigeen wat die behoefte aan ondersteuning ondervind om met iemand te kan gesels. Die eerste van vier aanbiedings met die Tema “Truth about drugs” word op 31 Julie in die vorm van videomateriaal en ‘n bespreking by CFC ten toon gestel. Hierdie eerste aanbieding fokus op dagga, CAT en alkohol. Almal is welkom en daar sal heerlike warm sop en broodjies beskikbaar wees vir die wat die koue trotseer.
‘n Ope aand word beplan vir 27 September waartydens kenners op die gebied ‘n praatjie sal lewer en afhanklike persone wat soberheid handhaaf hul getuienis sal lewer. Enigeen wat wil, word aangespoor om deel te raak van die inisiatief en hulp te verleen as vrywilliger of fasiliteerder, maak voorstelle, identifiseer behoeftes, kom vind meer uit of kom kry ondersteuning vir jou probleem. Kontak gerus enige van die koordineerders met enige navrae:
Kevin Ruthvin Tel 082 677 1546
Linda Grobler Tel 014 777 1093
Mariaan Jacobs Tel 071 611 9452
Louwrens Clase Tel 082 336 9972