Kom help met ‘n Guiness Wêreld Rekord

ELLISRAS – Helpende Hand van Solidariteit nooi almal uit om hulle te help om ‘n nuwe Guiness Wêreld rekord op te stel en terselfdertyd uitkoms te bied aan die behoeftiges in die Ellisras omgewing. Hulle wil graag die bestaande rekord van 70 000 nie bederfbare voedsel items verbeter tydens ‘n feesgeleentheid op Saterdag 9 Augustus by The Junction. Hierdie bederfbare items gaan bymekaar gepak word om ‘n mooi Mosaik te vorm en almal word uitgenooi om koppe bymekaar te sit. Die verrigtinge gaan reeds om 09:00 ‘n aanvang neem en daar sal hope wees om te doen en kunstenaars wees om te sien. Bekende name soos Adam Tas, Kevin Leo, Jannie du Plessis en Karin Bekker het besluit om by hierdie geleentheid op te tree. Voertuie van Toeka tot nou word uitgestal en daar is 70 stalletjies om te besoek. Vir die dorstiges is die biertuin beskikbaar en heelwat vermaak word vir die kleinspan aangebied soos ‘n poppekas, Grompie en Bolla en die twee narre, Nakkie en Ollie.
Daar is verskeie organisasies betrokke onder andere Solidariteit, Helpende Hand Kupcakes, The Junction Restaurant & Talisman Hire Lephalale. Toegang beloop R30 vir volwassenes en R10 per kind. Onthou om julle nie-bederfbare produkte saam te bring en te kom deel in die pret, wat vir ‘n goeie doel is.