Derde Urban Challenge weereens vol pret

2de plek: Nelie en Christilee.
2de plek: Nelie en Christilee.
Wenners: Moks en Anema.
Wenners: Moks en Anema.

THABAZIMBI – Die 3de suksesvolle Urban Challenge is Saterdag 26 Julie 2014 aangebied. Soos gewoonlik was dit ‘n dag vol prêt wat almal geniet het, van Chrusha die pragtige hond, tot Dorian die jongste deelnemer wat net 3jr oud is. Dit is weereens ‘n bewys dat hierdie aktiwiteit vir die hele gesin is met die roete sodanig uitgelê en aktiwiteite van so ‘n aard is dat jonk en oud kan deelneem.
Die groep het weggespring by Wimpy en dadelik het Moks en Anema die voortou geneem, by die eerste punt moes elkeen 3 balletjies in ‘n houer in hop. Dit was nie maklik nie en met goeie golf ondervinding het Anema eerste al sy balletjies in die houer gekry.
Daarna moes hulle mooi uitwerk watter roete die vinnigste gaan wees tot by die park waar hulle eiers vir mekaar moes gooi. Hier het Dorian dit die meeste geniet, want waar kan jy nou in vandag se tyd met eiers speel en niemand raas as jy een breek nie.
Die volgende aktiwiteit was by Just Water, hier moes hulle ‘n hout toring bou. Die blokkies is almal op verskillende grades gesny en jy moes flink dink om die regte blokkie te gebruik, sodat die toring vir 10 tellings staande bly, voordat jy mag aanbeweeg na die volgende aktiwiteit.
By die eindpunt moes elke deelnemer 2 Mopaniwurms eet.Vir Dorian, die jongste deelnemer en Chrusha die hond was dit een te veel en hulle het nie kans gesien om daardie gedroogde wurms te eet wat soos hout lyk en proe nie. Daar is geen probleem as jy regtig nie die versnapering kan eet of drink nie. Hierdie uitdaging word ingesluit juis oor die aard daarvan en die plesier om saam met vriende en familie goeie herinneringe te bou.
Ons wenners vir die 2de keer was Moksie Pelser en Anema Denton.
Hou die koerant dop want die volgende uitdaging gaan op 24 September aangebied word ten bate van die NG Kerk se Voetspoor fees.