Blesbokke wys hul ware kleur

SUN CITY – Wit blesbokke het vir nuwe rekords gesorg tydens die Mike Englezakis 25ste Wildveiling wat verlede Saterdag by Predator World by Sun City aangebied is. Die twee wit blesbokooie het elk R17 000 gehaal terwyl die enkele wit blesbokram teen R12 000 verhandel is.
As daar in ag geneem word dat blesbokooie vir ‘n gemiddeld van R3 200 vir teelgroepe en R3 100 gemiddeld vir blesbokramme behaal is, is dit ‘n besonderde prys wat die wit blesbokke behaal het.
Blouwildebeeste is teen R3 139 gemiddeld vir teelgroepe en blouwildebeesbulle ten R8 157 gemiddeld met ‘n hoogste van R64 000 verhandel. Laasgenoemde is slegs R11 000 minder as wat vir goue split gene dragtige Wildebeeste betaal is.
Oos-Afrika dragtige buffel verse is vir tussen R450 000 en R567 000 verkoop met ‘n hoogste prys van R1,15 miljoen vir ‘n Oos-Afrika dragtige buffel vers.
Dragtige goue wildebees koeie het gemiddeld R458 333 en ‘n volwasse goue wildebeesbul R340 000 behaal.
Koedoe teelgroepe is vir gemiddeld R7 457 opgeveil en die enkele bul wat daar was, vir R18 000.
Rooibokteelgroepe het R3 143 en ramme R8 050 gemiddeld behaal. Rooihartbees teelgroepe het gemiddeld R5 200 en rooihartbeesbulle R4 700 behaal.
Vir ‘n zebra sou jy R3 756 opdok, R3 771 vir ‘n volstruis, R4 050 vir waterbok teelgroepe en R19 000 vir ‘n waterbokbul.
Al bogenoemde diere is vanuit die bomas verkoop teen ‘n totale omset van R7,717,300.
Diere wat in die katalogusveiling meer as R100 000 behaal het was Livingstone elande (R105 000 – R160 000), dragtige swartrooibok-ooie (R420 000), ‘n swart rooibokram (R330 000), ‘n Matetsi Swartwitpensvers (R360 000) en twee Matetsi Swartwitpenskoeie met kalf teen ‘n gemiddeld van R485 000.
Die omset met die katalogusveiling was R3,84miljoen wat die totale omset van die veiling op R11,557,300 te staan gebring het.
Die veiling is deur Vleissentraal Bosveld aangebied met Brandon Leer as afslaer. Hierdie was dan ook die vuurdoop as afslaer vir Pieter Heyns, oud-inwoner van Thabazimbi wat hier grootgeword het.