Basterhartbeeste sorg vir nuwe rekords by Hanley Wildveiling

ALLDAYS – Tydens die Hanley wildveiling wat deur Vleissentraal by die Alldays Wildbomas op 25 Julie aangebied is, was dit die basterhartbeeste (tsessebe) wat vir ‘n hele paar nuwe rekordpryse gesorg het.
Die totale omset van die veiling was R2 121 400
Die nuwe rekordpryse was vir basterhartbeeskoeie wat R40 000 (vorige rekord R32 500 00), behaal het en ‘n rooihartbeesbul wat vir R 26 000 (vorige rekord R 22 000) verkoop is.
Van die ander hoogste pryse was Livingstone elandkoeie wat vir R72 00 gemiddeld verkoop is en Livingstone elandbulle wat gemiddeld teen R35 500 met ‘n hoogste prys van R64 000 verhandel is. ‘n Njala teelgroep van 11 is teen gemiddeld R26 000 verkoop en een rooibokooi met splitgene is teen R36 000 verkoop.